Skip Navigation

National Geographic Society Este programa se distribuye en los Estados Unidos y Canadá por National Geographic y EHD. [obtenga más información]

DVD ilustrado plurilingüe

La biología del desarrollo prenatal




DIE VOORGEBOORTELIKE ONTWIKKELINGSPROSES

.Afrikaans


 

Descargar versión en formato PDF  ¿Qué es PDF?
 

Capítulo 40   3 a 4 meses (12 a 16 semanas): papilas gustativas, movimientos mandibulares, reflejo perioral, primeros movimientos

Tussen 11 en 12 weke neem die fetus se gewig met byna 60% toe.

Op 12 weke is die eerste derde, of trimester, van die swangerskap verby.

Duidelik onderskeibare smaakknoppies bedek nou die binnekant van die mond.
Teen geboorte sal net die smaakknoppies op die tong en verhemelte oorbly.

Die fetus kan van so vroeg as 12 weke stoelgang voortbring; dít kan sowat 6 weke lank gebeur.

Die eerste stof wat die fetale of pasgebore kolon uitskei, word mekonium genoem. Mekonium bestaan uit spysverterings-ensieme, proteïne en dooie selle wat deur die spysverteringskanaal uitgewerp word.

Teen 12 weke is die boonste ledemate lengtegewys al amper in die regte verhouding teenoor die grootte van die liggaam. Die onderste ledemate neem langer om hul uiteindelike afmetings aan te neem.

Met die uitsondering van die rug en kroontjie, reageer die fetus se hele liggaam nou op ligte aanraking.

Geslagsafhanklike ontwikkelings-verskille verskyn nou vir die eerste keer. Vroulike fetusse beweeg byvoorbeeld meer dikwels hul kakebene as manlike fetusse.

In teenstelling met die terugtrek-reaksie wat vroeër tydens aanraking van die mondgedeelte waargeneem kon word, begin die fetus nou sy kop na die stimulus draai en maak hy sy mond oop. Hierdie "soekrefleks" gebeur ook ná geboorte, sodat dit vir die pasgeborene makliker is om die moeder se tepel gedurende borsvoeding te vind.

Die gesig hou aan verander soos vetweefsel die wange begin vul en tandontwikkeling begin plaasvind.

Teen 15 weke verskyn en vermenigvuldig bloedvormende stamselle in die beenmurg. Die grootste gedeelte van bloedsel-vorming sal hier plaasvind.

Hoewel beweging reeds by 'n embrio van 6 weke waargeneem kan word, word 'n swanger vrou eers tussen 14 en 18 weke van die eerste fetale bewegings bewus. 'n Verwagtende vrou sal soms daarna verwys deur te sê dat sy 'lewe voel'.